Nuwe Lewe Kerk

Nuwe Lewe Kerk

What do we do?

0 star(s) from 0 votes

Nuwe Lewe is ‘n gereformeerde, Gees-bekragtigde en Evangelie-gesentreede kerk.

Gereformeerd. Ons is gered uit genade deur ‘n genadevolle en soewereine God. Jesus red ons. Ons red nie onsself nie. Jesus is die middelpunt van ons bestaan.

Gees-bekragtig. Ons begeer en ervaar die Heilige Gees se krag en gawes tydens ons aanbiddingsbyeenkomste en in ons daaglikse lewens.

Evangelie-gesentreerd. Die Evangelie van Jesus red ons van beide die straf en die greep van sonde. Jesus het die straf vir ons sonde aan die kruis namens ons gedra. Elkeen wat met hulle hart glo en met hulle mond bely dat Jesus God is, word deur Jesus gered. Jesus gee ook, deur sy Heilige Gees, vir ons die krag om die sonde te oorwin en daardeur heilig te lewe. Sonde maak seer maar die Evangelie bring herstel. Dit is die goeie nuus wat ons geroep is om te versprei.

Alles by ons wentel om Jesus. Hier by Nuwe Lewe Kerk glo ons dat Jesus God is. Hy is ook ‘n vriend, ‘n broer, ‘n koning en ‘n verlosser. Hoekom glo ons dit? Want ons ervaar persoonlik sy verlossingswerk in ons daaglikse lewens. Belangriker nog, ons glo dit want die Bybel sê so.

Kom besoek ons - selfs al glo jy nog nie in Jesus nie. Ons hoop is dat jy iets van Jesus sal leer en ervaar terwyl jy by ons is. Klik hier om uit te vind waar en wanneer ons bymekaar kom. Ons kom Sondae in Vredenburg byeen en gedurende die week in kleiner groepe, regoor die Weskus. Ons hoop om jou binnekort tydens een van ons dienste of leefgroep te sien!

How to contact us...

  • Our business address:-
    Hoek van Hoof- en Uniestraat
    Vredenburg
    Western Cape
    7380

How to find us...

Opening times

  • Are you the business owner of this page? Have you considered adding your opening hours?

Client testimonials

No business testimonials have been added.

YouTube

  • Are you the business owner of this page? Have you considered adding a YouTube video?

Image gallery

  • Are you the business owner of this page? Have you considered adding your image gallery?